-- Dans Dans Lisa – Kom ons sing

24 March 2013
top space
24 March 2013

Dans Dans Lisa – Kom ons sing

AUTHOR: // CATEGORY: Music Video, Uncategorized No Comments

Ons het die voorreg gehad om aan Dans Dans Lisa se nuutste musiekfilm, ‘Kom ons sing’ te werk.
Weereens was dit ‘n fees om met ongelooflike professionele mense op stel te werk :

Bouwer Bosch – Briljante akteur/director en storie- en natuurlik liedjieskryfwer
Deon Meiring – Akteur uit die boonste rakke en storie- en liedjieskrywer
Nelis Botha – Briljante lig-en-kamerakenner
Damiane van Reenen – Weet hoe die storie met karakters moet verloop
Regardt Botha – Plak al die stories en mal idees aanmekaar
Trudie van Rooyen – Briljante aktrise

Dankie aan WJ en Louise vir die ‘behind the scenes’ fotos.

Die shoot is geskiet oor 2 dae (aande) in die Pretoria area, met fynbeplande skote.

Dans Dans Lisa is bekend vir hulle komieklike musiekvideos en het besluit om hierdie keer iets anders te probeer. Daar is ‘n groot twist in die video ingewerk en daar mag moontlik net ‘n opvolg video of 2 wees… Die opgewondenheid laat ons partykeer, ja selfs ‘n paar keer per dag, omval.

In die storie speel Bouwer, wat daarvan hou om te rook, ‘n mean karakter wat op ‘n mission is om iemand iets aan te doen met ‘n geweer.  Deon se karakter is meer ‘quirky’ en hy is blykbaar oppad na ‘n meisie se flat. Deur die verloop van die storie is daar onwetende interaksie tussen Bouwer en Deon se karakters….en vir die res moet jy die video gaan kyk.

Ons wil dankie sê vir almal se support sover, almal wat deel van die projek is en almal wat reeds na die video gekyk het. Dit was en is ons mission om sulke tipe content te bied.

Hou aan om local bands te support.

Blimpvrede

 



-- Leave a comment

Your email address will not be published. Website Field Is Optional