-- We Are One – Jo’burg

15 April 2013
top space
15 April 2013

We Are One – Jo’burg

AUTHOR: // CATEGORY: live No Comments

‘n Kleurwolk verskyn bo Emmarentia Dam. Dis blou, geel, pienk, groen en oranje. Duisende mense in wit dans in die ‘reenboog’ en hulle is reeds so kleurvol soos die lug. Welkom by die We Are One Colour Festival 2013.

Gebasseer op die Hindu fees Holika Dahan wat jaarliks die lente verwelkom is dìè fees ‘n “uitdrukking van die vryheid en kleur in ons daaglikse lewe, eerder as ‘n godsdienstige byeenkoms” sê die fees organiseerders. Johannesburg het hulle goed van die taak gekwyt en ongeveer vyftienduisend mense het uurliks poeierverf in die lug gegooi ter uitdrukking van hulle eie vryheid en kleur.

Natasha Grobler, ‘n feesganger, beskryf die ervaring as ‘n “sprokieswêreld”. ‘n Dag waar “elke mens hulle eie kleur kan wees” lag sy (sy self is groen en geel gekleur). Sy is maar een van die interessante karakters wat die fees bygewoon het en ‘n paar mense het sommer ook buitengewone uitrustings saamgestel. Daar was padda en panda mussies, stofmaskers en duikbrille. ‘n Kaleidoskoop van mense en kleure, almal daar vir een rede – grootpret.

En pret was daar meer as genoeg van. Hoofsaaklik verskaf deur Sadhu Sensi, DJ Danger Ingozi, DJ Mighty, Richard The Third, Michael Lesar, DJ Babaganoush en Kid Fonque. Hulle het seker gemaak dat die “awesome vibes” en die partytjie nooit ophou nie. DJ Danger Ingozi tweet na die fees; “Was super fun to play in front of such a crazy colourful sight!” Charnè Fourie, beskryf die musiek as “ ‘n goeie balans van agtergrond en dans musiek. Daar was nooit ‘n vervelige oomblik nie.”

 

Teen 22h00 is die laaste ‘countdown’ verby. Melissa van der Walt, ‘n student aandie Universiteit van Johannesburg, sê; “Ek gaan vir die volgende 2 weke steedspoeier hoes en my hare gaan nooit weer skoon wees nie, maar dit is als die moeite werd. “We Are One is die lekkerste fees waarby ek al ooit was.”

Teen hierdie tyd is die feesterrein skoon, die mense weer besig met hulle daaglikse roetines en die fotos reeds op Facebook. Maar een ding bly staan. We Are One Colour Fest 2013 was onvergeetlik!

– Olga Lombard

blimpblog1



-- Leave a comment

Your email address will not be published. Website Field Is Optional